Skip to main content

Die feit dat Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal steeds gesluit is kan lei tot ‘n gesondheidskrisis in Gauteng.

Meer as twee maande gelede het ‘n reuse brand 40% van die intensiewe sorgeenheid se beddens (1 068 in totaal) tot niet gemaak en mediese toerusting van ongeveer R40 miljoen vernietig.

Noudat die derde vlaag Covid-19-infeksies vlam gevat het, beteken dit dat daar tans meer as 5 000 mense in hospitale is as gevolg van dié siekte. Byna 9000 nuwe gevalle word daagliks aangemeld en die regering was genoop om die weermag se gesondheidsdiens om hulp te nader.

Leave a Reply

error: Content is protected !!