Skip to main content

Al het Klara Klein alles wat sy moontlik kan begeer, is dit nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op ’n dag besluit Klara sy wil ’n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is ’n DINGETH?
Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die biblioteek ingaan om ’n antwoord in die geheimsinnige Monsterklopedie te kry. Hul desperate soektog lei na die donker dieptes van die oerwoudagtigste oerwoud waar die vreemdste vreemde dierasies lewe.
Maar gaan hulle ooit ’n DINGETH kry?
Die kinderboekwêreld was stormenderhand verower deur David Walliams. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 25 miljoen eksemplare verkoop, en is sover in meer as 53 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!
Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder en saam met Quentin Blake, een van Brittanje se mees geliefde illustreerders en spotprenttekenaars, maak hul die storie lewendig.

Leave a Reply