Skip to main content

Die Valke het vanoggend vroegdag op meer as ‘n halfton kokaïen by ‘n houerdepot in Isipingo beslag gelê.

Die Valke en lede van ander eenhede in Durban het gereageer op inligting oor dwelms wat die land binnegesmokkel word. Hulle het die dwelms in ‘n verskepingshouer wat as dierekos gemerk is, gekry.

Dit was in 26 seilsakke met die handelsmerke Tik Tok en Jaguar versteek.

Die vonds weeg 541 kg in totaal, en het ‘n geskatte straatwaarde van meer as R243 miljoen.

Leave a Reply