Skip to main content

DIRK LOTRIET en CHANTÉ DANIEL

Lesers van Die Waarheid wat in die tagtigerjare in Voortrekkerhoogte diensplig gedoen het, sal geskok wees om te sien hoe dié een trotse militêre hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) deesdae lyk.

Agteruitgang en verval is oral te sien in Thaba Tshwane, soos die voormalige Voortrekkerhoogte deesdae bekend staan. Heelparty geboue is niks meer as murasies nie, onkruid staan plek-plek skouerhoog, asblikke loop oor en papiere, vullis en vullissakke is oral te sien. Verf wat afdop is ‘n algemene gesig, maar daar is nie sprake daarvan dat die plek met ‘n lekseltjie Plascon reggeruk kan word nie.

Thaba Tshwane lyk soos ‘n prentjie uit ‘n apokaliptiese verhaal. Suur soldate (sonder Covid-maskers) drentel in die strate rond, wasgoed hang oor selfgeprakseerde wasgoeddrade en gebreekte vensters is algemeen.

Enige RSM wat nog browns gedra het sal ‘n oorval kry!

Leave a Reply

error: Content is protected !!