Met die jongste vlaag van Covid-19-gevalle wat ons tans beleef, is dit baie belangrik dat elkeen van ons die siekte reg verstaan.
Volgens Dr Gert Lindeque van Parys is dit regtig nie ‘n moeilike siekte om te behandel nie. Dis egter belangrik dat die verskillende stadiums of fases van die siekte reg verstaan en hanteer word.
“Ons weet dat as jy die Coronavirus opgedoen het, jy die eerste 5 dae nie weet dat jy die virus het nie. Jy voel nog glad nie siek nie en ongelukkig is dit wanneer die virus die maklikste oordra na ander mense. Die “aansteeklikste” tyd is dus die eerste 5 dae, wanneer die persoon onbewus is dat hulle dit opgedoen het.
Fase 1:
Fase 1 van die siekte is wanneer jy siek begin voel.
Dit voel soos griep en simptome sluit in: lyfseer, hoofpyn, borskas/longe kan seer wees, koors en selfs naarheid en diarree.
In hierdie eerste fase van die siekte is ons doelwit om so veel moontlik van die virus dood te kry.
Dit is baie belangrik om nie enige kortisoon te neem in fase 1 nie, want dit sal net die virus aanhits en help aanteel.
Hoe meer jy die virus kan onderdruk in fase een – hoe kleiner is die kans dat jy na fase twee toe sal beweeg (waar die longe aangetas word).
Om die virus te onderdruk in fase een gebruik ons:
*Ivermectin dubbel dosis daagliks
*Vitamiene C (‘n drip werk baie goed, of Liposomale tipe)
* Bioflavanoiede en Quercitin (hulle is vitamiene C se ko-faktore wat dit help om beter en meer effektief te werk)
*Sink aanvulling 50 mg per dag (verkieslik Sink Orotaat twee kapsules 3×/dag)
*Melatonien – minimum 9 mg saans (Dit is interessant dat vlêrmuise wat die coronavirus dra, sonder om siek te word daarvan, geweldige hoë vlakke van melatonien het, omdat hulle in die donker leef.)
*Verder kan jy ook nebuliseer met peroksied. Sit 3 ml 3% peroksied plus 3 ml water/soutoplossing in jou nebuliseerder en herhaal 4 keer per dag.
*Tiemie essensiële olie onderdruk ook die virus. Drup twee druppels in ’n leë kapsule en neem dit drie keer per dag.
Fase 2:
Fase twee begin presies sewe dae na aanvang van die eerste simptome.
Dit is die sogenaamde “sitokien storm” waar die virus eintlik reeds uitgewoed is, maar die immuunstelsel nou oorreageer en die longe aanval.
Daar is drie goed wat lewensreddend kan wees:
- Kortisoon:
Prof Paul Marik se groep in die VSA het gevind dat Medrol (Methyl prednisolone ) tot tien keer beter werk as ander soorte kortisoon in hierdie fase.
Dr Gert Lindeque beveel 32 mg Medrol twee keer per dag aan, sodra longsimptome begin op dag 7. (Kortasem, hoes, suurstof saturasie minder as 94 %)
- Ivermectin is ook belangrik in die fase:
Ivermectin is reeds deur 250 miljoen mense gebruik oor die afgelope 30 jaar en is baie veilig en ook baie voordelig in fase twee
- Bloedverdunning:
Xarelto 10 mg pilletjie vir pasiënte wat tuis aansterk; alternatiewelik kan mens Clexane inspuitings gee.
Bloedklonte is dikwels die oorsaak dat mense sterf en moet verhoed word. In mense wat nie gewone bloed verdunningsmedisyne kan gebruik nie, gee ek Calcium EDTA kapsules een twee maal per dag as alternatief.
Ek wil graag almal aanmoedig om te kyk na die FLCCC alliance website waar daar in my opinie die beste inligting beskikbaar gestel word rakende effektiewe behandeling vir die virus.
Prof Marik is die Hoof van Intensiewe Sorg van die Eastern Virginia Medical School.
Hy is die tweede mees gepubliseerde intensiewe sorg spesialis ter wêreld en is ook deel van ‘n paneel van hoogs gekwalifiseerde dokters wat dit hulle roeping gemaak het om die siekte stop te sit. As jy registreer op die webwerf stuur hulle die nuutste opgedateerde aanbevelings vir jou.
Om saam te vat:
Fase een vanaf die 1ste simptome: Kry die virus dood en vermy eers kortisoon – dit help net die virus floreer.
Fase twee vanaf dag 7 na aanvang van simptome. Hier gaan kortisoon jou uit die hospital uit hou. Gebruik “Medrol” – by verre die beste keuse vanaf dag sewe, sodra longprobleme begin. Jy behoort baie gou beter te voel. Die Medrol moet stadig verminder word oor ‘n twee weke tydperk om ‘n terugslag te voorkom.
Bloedverdunning is ook belangrik in fase twee.
Ivermectin bly belangrik in elke fase – die dosis verskil net.
Bykomende vitamienes:
In die eerste week: (help jou liggaam om die virus te beveg.)
Vitamin D3 (4000IU/dag).
Vitamin C (500-1000mg 3 keer ‘n dag).
Sink (100mg/dag).
Aspirien (Disprin) (500mg/dag tensy anders voorgeskryf. Kan vier keer ‘n dag gedrink word vir pyn en koors.
Quercetin (250mg twee maal ‘n dag).
Nasopharyngeal Sanitation (Povidone-iodine (Betadine) neussproei 3 keer ‘n dag en mondspoel. Gorrel drie keer ‘n dag.
Melatonien (10 mg voor slaaptyd) – veroorsaak lomerigheid.
Vitamin B1 (Thiamien) (100mg/dag). NIE Vitamien B3 nie.
Omega-3 (4mg/dag)
Peroxide (H2O2) 3% 10 Volume.
Panado/Tylenol vir koors.
Vermy eerder griepmedisyne wat slym opdroog en antihistamiene.
In die tweede week kan jy die volgende gebruik:
Kortisoon, byvoorbeeld Prednisone/Medrol tablette of inspuitings
Cortisone/Budesonide inhaleerders,
Clexane/Xarelto
Doen die volgende:
- Spoel jou mond en neus met soutwater ten minste vier keer ‘n dag. Gorrel ook met soutwater (een teelepel sout in ‘n glas afgekoelde kookwater.)
- Stoom jouself met ‘n teelepel Vicks Vapo Rub vier keer ‘n dag. (Sit kookwater in ‘n bak en hou ‘n handdoek oor jou kop terwyl jy die stoom inasem. Wees versigtig om nie te brand nie.)
- Sorg dat jy elke dag ten minste vir ‘n halfuur lank in direkte sonlig sit en probeer son op jou arms en bene kry.
- Loop stadig deur die tuin vir vyf minute, drie keer ‘n dag. Die vars lug en son is goed vir jou, maar maak seker jy doen nie strawwe oefening nie.
- Moenie te lank met gekruisde bene sit nie en sorg dat jy gereeld van posisie verander. Maak jou gordel om jou middel los.
- Drink ten minste 1.5 liter water ‘n dag.
- Slaap in aparte kamers as jou bedmaat nie siek is nie. Hou vensters en deure in die huis oop.
- Was jou hande met seep en water voor en nadat jy in die toilet was.
- Verminder jou suikerinname, pap en brood en eet eerder eiers, jogurt, rooivleis, hoender, broccoli en blomkool. Moenie groente te gaar maak nie.
- Verminder alkohol-inname na zero toe.
- Slaap op jou sy. As jy kortasem is, slaap in die embrio-posisie.