Skip to main content

Kospryse het die hoogte in geskiet – ons almal weet dit.

Maar gelukkig is pryse nie oral dieselfde nie, en jy kan heelwat spaar deur die supermark met die laagste pryse vir die produkte wat jy nodig het te soek.

Die Waarheid het ‘n mandjie inkopies by elk van die Groot Drie supermarkkettings gaan koop, en gevind dat daar ‘n beduidende verskil in die pryse van produkte is. Hoewel daar nie een supermark is wat altyd die goedkoopste of duurste is nie, was ons mandjie met 13 produkte die goedkoopste by Checkers (R413,87). Dieselfde mandjie was R415,87 by Spar en R436,37 by Pick ‘n Pay. Daar is dalk wel ‘n bietjie waarde in daai oom se belofte in die ou TV-advertensie waar hy sê sy winkels is “twollie vir twollie” die bekostigbaarste…

Die grootste besparings skop egter in wanneer jy nie alles by dieselfde plek koop nie. As jy net die produkte een-vir-een by die goedkoopste van die drie koop, kos die mandjie van heel goedkoopste produkte jou R401,37, teenoor R445,87 wat dit sou kos as jy die duurste goed gekoop het.

Natuurlik ken die vrekkerigste onder ons die groot besparingsfoefie: die spesiale aanbod. Dis dan wanneer jy die heel meeste geld in jou sak oorhou, maar daardie klein wonderwerk val buite die spektrum van hierdie steekproef.

Leave a Reply