Skip to main content

Al die renosters in die Rietspruit-wildreservaat is nou veilig onthoring!

Die laaste drie witrenosters is op dieselfde dag as die swartrenoster onthoring. Almal is so verlig dat hulle daarin kon slaag om uiteindelik die oorblywende paar individue te vind, ten spyte van die dik beboste veld.

Rhino Revolution, wat die proses bestuur het, het sy dank uitgespreek teenoor donateurs wat die duur operasies moontlik gemaak het. Skenkers wat by name genoem is, is Hanno Nusch en ene Andreas, Marcel en Marie.

Hulle was ook vol lof vir Peter Stewart Rogers van die Provet Wildlife Hospital en vlieëniers Bruce en Gary Mcdonald en fotograwe Mark Lotwis en Lisa Kowinski.

Foto: RHINO REVOLUTION

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!