Skip to main content

Wat is die moontlikheid dat iemand anders se e-tolfooie by jou motorhuurrekening gevoeg kan word?
Dit is onmoontlik om vir seker te weet aangesien min mense wat van huurvoertuie gebruik maak hulle rekeninge deeglik bestudeer.
Een motoris wat ‘n Avis huurvoertuig gebruik het, en slegs 97 km daarmee gery het, was geskok om ‘n e-tolrekening vir R850 te ontvang, en dit vir ‘n roete wat hy 17 jaar laas gery het!
Na sy klagtes is daar gesê dat dit vyf werksdae sal neem om die navraag te ondersoek ten spyte van die feit dat Avis kon sien dat hy slegs 97 km met die voertuig afgelê het. Die tolgeld was verreken op ‘n afstand van 1 392 km.
Nadat die motoris ‘n kennisgewing ontvang het waarin hy meegedeel was dat sy rekening binne sewe dae gekrediteer sal word wag hy steeds vir ‘n verskoning oor hoekom die geld van sy rekening verhaal was.
Hy maan mense wat karre by Avis wil huur om seker te maak dat die korrekte e-tolfooie wel op hul rekeninge verskyn.
Avis kon nie verduidelik hoe so iets gebeur het nie.
Volgens Sandile Ntseoane, hoofbestuurder van Savrala – die Suider-Afrikaanse Voertuigverhuringsvereniging – is bevestig dat motorhuurstelsels ten volle gekoppel is aan Sanral s’n, met geen menslike ingryping nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!