Skip to main content

‘n Gautengse hoof is Vrydag 18 Junie 2021 op die skool se terrein doodgeskiet, het die provinsiale departement van onderwys bevestig.
Volgens die woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, Steve Mabona, het die skietery vanoggend by die Laerskool Buyani in Finetown plaasgevind.
Mabona het gesê amptenare van die departement was op pad na die skool om die feite oor die skietery vas te stel.
In reaksie op die voorval het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê: “Ons is uiters geskok en woedend oor die nuus aangaande die skoolskietery vanoggend in Finetown. Sonder om eers die motief vir hierdie hartelose daad te weet, veroordeel ons die skietery van die hoof van Buyani Primêr en stuur ons medelye aan sy familie, vriende en kollegas.”
Volgens kaptein Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, is die skoolhoof verskeie kere geskiet. Makhubele het gesê die onderwyser is in sy voertuig geskiet toe hy die skoolterrein binnegegaan het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!