Skip to main content

Die Fed het Woensdag sy vooruitskattings vir rentekoersverhogings en inflasie voorgehou, wat die dollar versterk het en druk geplaas het op wêreldwye kommoditeite wat in hierdie geldeenheid geprys is.

Chinese owerhede het beleggers vandeesweek ook gekap en die skuld vir verhoogde kommoditeitspryse op ‘spekulante’ in die mark geplak. Die land het ook aangekondig dat hy reserwes van metale, waaronder koper, aluminium en nikkel, sal vrystel.

In die vroeë verhandeling vanoggend het die Sjanghai Composite met 0,49% gedaal en die Japanse Nikkei met 0,1%, terwyl die Hang Seng 0,53% bygevoeg het.

Tencent, wat via die Naspers-stal rigting aan die JSE kan gee, het 0,75% toegevoeg.

Goud het met 0,86% gestyg tot $1 786,82 per ons, en het herstel van ‘n insinking van 2,3% op Donderdag. Platinum was 2,04% stewiger teen $ 1.075,24 per ons, nadat hy 5,5% in die vorige sessie gesak het – sy slegste eendagverlies sedert Maart 2020.

Leave a Reply