Skip to main content

SA rugby het vanoggend aangekondig dat albei die Springbokke se toetse teen Georgië volgende maand in Gauteng sal plaasvind.

Die toetse, wat as voorbereiding vir die reeks teen die Britse Leeus dien, sal die eerste keer sedert 2019 wees wat die Bokke in aksie is.

Die eerste toets word op Vrydag, 2 Julie op Loftus in Pretoria gespeel, terwyl die tweede toets die volgende Vrydag op Ellispark in Johannesburg beslis sal word.

One Comment

Leave a Reply