Skip to main content

Supermarkte in privaatbesit kan nou in dieselfde sentrum as Pick ‘n Pay winkels oopmaak – maar slegs as dit deur swart eienaars besit word.

Dit is die kern van ‘n ooreenkoms tussen die supermark-ketting en die mededingingstribunaal. Tot nou toe het Pick ‘n Pay in huurooreenkomste daarop aangedring dat kompetisie in die sentrums waar hulle supermarkte open, uitgesluit word.

Kleiner winkels wat ‘n mate van mededinging bied, soos slaghuise en bakkerye, is nou ook welkom.

Die Shoprite Checkers-groep het verlede jaar ‘n soortgelyke ooreenkoms met die tribunaal gesluit, maar mededingers word in dié groep se geval nie op grond van ras toegelaat nie. Shoprite Checkers laat mededingers op die platteland onmiddelik toe, terwyl uitsluitingsklousules in stede oor die volgende vier jaar weggewerk sal word.

Leave a Reply