Motormaatskappye verhoog dadelik die pryse van nuwe motors in reaksie op ‘n verswakte rand, maar is minder gretig om besparings aan verbruikers deur te gee as die geldeenheid versterk.
Die prys van nuwe motors het verlede jaar aansienlik gestyg nadat die rand van R14 tot R18,30 teenoor die dollar verswak het in ‘n tyd toe verbruikers finansieël beperk was weens die Covid-19-inperking.
Om die agteruitgang in die wisselkoers te help herstel, het baie motorondernemings pryse die afgelope twaalf maande met meer as 10% verhoog terwyl SA se amptelike inflasiekoers in 2020 3,3% was.
Die eerste kwartaal van 2021 het ook nie goed begin vir verbruikers nie. Volgens die TransUnion SA Voertuigprysindeks het pryse vir nuwe voertuie met bykans drie keer meer as die inflasiekoers vir die vierde agtereenvolgende kwartaal gestyg.
‘n Steekproef is op 30 karmodelle wat in SA verkoop word gedoen, en stygings van tot 14,34% tussen Mei 2020 en Mei 2021, (met ‘n algemene gemiddeld van 8,68%) is waargeneem.
WesBank rapporteer soortgelyke tendense in finansiële transaksies vir aankope van voertuie. Sy finansieringsooreenkomste vir nuwe voertuie was jaar op jaar gemiddeld ‘n transaksiegrootte van R356 313, ‘n styging van 11,2%. Die prysverhogings met nuwe motors het ook die waarde van tweedehandse voertuie verhoog, en WesBank wys ‘n jaar-tot-jaar-toename in hierdie mark van 10,6% was.
Die meeste motorondernemings (ook bekend as vervaardigers van oorspronklike toerusting of OEMs) wat deur Motor News ondervra is, wou nie oor potensiële prysbewegings vir vanjaar praat nie, of het die vraag heeltemal ontwyk.
Markleier Toyota SA het gesê dat hy ‘n langtermyn-siening oor prysbepaling inneem en kostedruk van moontlike wisselkoerse, kommoditeitspryse, inflasie, salarisverhogings en die regsimpak vroegtydig in ag neem. Dit het gesê dat dit nie reageer op die tydelike wankelinge van die wisselkoers nie.
Audi, Mercedes-Benz en Suzuki het soortgelyke sienings gedeel en het almal gesê dat die wisselkoers nie die enigste faktor is in die vasstelling van motorpryse nie.
Stellantis (wat die Opel-, Peugeot-, Citroen-, Fiat-, Jeep- en Alfa Romeo-handelsmerke insluit) was een van die min maatskappye wat ‘n prysvooruitsig gelewer het en verwag het om ‘n vlak van prysinflasie in 2021 te sien, maar nie op dieselfde vlak as laas jaar nie.
Hyundai Automotive SA sê as die rand-dollar-wisselkoers op die huidige vlakke bly, verwag hy prysstygings vir sy motor van 3% -5%.