Skip to main content

Vanoggend is een persoon dood en tien ander beseer toe ‘n taxi op die
N17 by Nasrec gerol het.

ER24-paramedici en verskeie ander dienste het om 08:30 op die toneel opgedaag om die taxi op sy sy in die noodbaan te vind. Een persoon was vasgekeer onder die taxi gevind, terwyl verskeie ander langs die pad gesit het. Medici het die pasiënte vinnig ondersoek en gevind dat die man wat onder die taxi vasgekeer was, reeds dood is.

Die tien ander pasiënte is ondersoek en daar is bevind dat hulle ligte tot matige beserings opgedoen het. Die pasiënte is behandel en daarna met verskillende dienste na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg.

Leave a Reply