Skip to main content

Die ANC se tesourier-generaal, Paul Mashatile, het bevestig dat die party sy werknemers oudit en dat ‘n aantal spookwerkers op sy salarisstaat gevind is.

Volgens hom sal die party geen steen onaangeraak laat in sy poging om sy onredelik hoë salarisrekening te verminder nie. Hy verwag dat die personeel met ongeveer die helfte kan verminder.

Sedert Mashatile die amp by Ace Magashule oorgeneem het, het sy personeel verdubbel van 10 na 20. Volgens Mashatile is niks verkeerd hiermee nie en hy het gesê dat dit al lank in verskillende departemente aan die gang is.

Volgens hom sal daar ‘geen heilige koei wees nie – ons kyk na alle poste, en as ons tot die slotsom kom dat ‘n persoon nie nodig is nie, kan ons baie onbarmhartig optree’.

Ontevrede ANC-werknemers sou vandag na verwagting buite die partyhoofkwartier Luthuli House in Johannesburg en by streekskantore betoog om hul griewe te lug.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!