Midmaanddata van die Sentrale Energiefonds (SEF) dui op nog ‘n klein daling in die petrolprys in Julie. Eienaars van dieselvoertuie kan ‘n verdere verhoging verwag.
Die SEF-data toon ‘n oorverhaling vir 93 en 95 petrol, en die pryse sal na verwagting tussen 3 en 6 sent per liter daal. Dieselbestuurders kan intussen ‘n styging van ongeveer 19 sent per liter verwag.
Petrol 95: afname van 6 sent per liter;
Petrol 93: afname van 3 sent per liter;
Diesel 0,05%: styging van 19 sent per liter;
Diesel 0,005%: styging van 19 sent per liter;
Paraffien: verhoging van 14 sent per liter.