Skip to main content

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het doodsdreigemente en ongegronde aantygings in die gesig gestaar nadat hy met ‘n opruimingsoperasie by die kragvoorsiener begin het.

Dit is onthul in ‘n media-onderhoud waar hy sy werk bespreek het om die maatskappy wat deur korrupsie en wanbestuur gekelder is, om te keer.

Die onderhoud het plaasgevind minder as twee weke nadat Ishmael Semenya, senior advokaat, bevind het dat bewerings teen De Ruyter ongegrond is.

Die bewerings, gemaak deur die voormalige aankope-beampte van Eskom, Solly Tshitangano, het magsmisbruik, rassediskriminasie, swak bestuur, onreëlmatige werwing, onreëlmatige aanstellings en onwettige aankope ingesluit.

Tshitangano is onder meer vanweë grootskaalse wangedrag en skending van pligte en verantwoordelikhede ontslaan.

Oor die bewerings en doodsdreigemente teen hom, het De Ruyter gesê dit het ‘n minimale impak. ‘Maar wat my uiteindelik motiveer, is om my teenstanders en kritici verkeerd te bewys – en dan gaan ek voort met my werk,’ het hy gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!