Donald Trump het ‘n nuwe sosiale media-platform van stapel gestuur – enkele maande nadat Facebook en Twitter hom verban het.
Die ruimte stel Trump nie net in staat om boodskappe te plaas nie, maar laat ook sy volgelinge toe om die plasings op Twitter en Facebook te deel. Fox News sê hoewel dit nie duidelik is hoe dit gaan gebeur nie, sal Trump uiteindelik regstreeks met sy ondersteuners kan kommunikeer.
Die platform het egter nog nie ‘n funksie om gebruikers in staat te stel om ‘te antwoord’ of andersins met die voormalige president in gesprek te tree nie. “Dit is net ‘n eenrigtingkommunikasie,” het ‘n bron na aan die projek aan Fox News verduidelik.
Die webblad word in ‘n promosievideo as ‘n ‘baken van vryheid’ in ‘n tyd van ‘leuens en stilte’ bestempel. Facebook se toesigraad het pas bekend gemaak dat Trump vir twee jaar van die webwerf, sowel as Instagram, geskors word.
Die platform, “From the Desk of Donald Trump”, verskyn op www.DonaldJTrump.com/desk.