Skip to main content

Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het aangekondig dat haar departement die matrieks se rekordeksamen wat gebruiklik in die middel van die jaar plaasvind, afskaf. Dit is om studente meer tyd te gee om die 2021 kurrikulum te voltooi.

Motshekga het vrae in ‘n parlementêre portefeuljekomitee beantwoord oor hierdie aangeleentheid. Sy het gesê dit is belangrik om matriekleerlinge vir solank as moontlik in die klasse te hou om te verseker dat hulle gereed is om die eindeksamen te skryf.

Motshekga het ook gesê dat hierdie jaar se graad 12-studente eers in Julie 2020 sou terugkeer skool toe weens die Covid-19-pandemie, en dus sodoende ongeveer 60% van die onderrigtyd verbeur het.

“Die normale assesserings wat hulle gedurende die middel van die jaar doen, gewoonlik Junie-eksamen genoem, sal nie plaasvind nie, maar die tyd sal gebruik word vir verdere onderrig en studies,” het die departement in ‘n aparte verklaring gesê. 

Die departement het gesê dat die huidige matriekklas van 2021 veral swaar getref is omdat hulle nie die leerplan van 2020 voltooi het nie, en dat skole laat ge-open het vir die 2021 akademiese.

Om die verlore kurrikulumtyd in te haal het die 2021 matriekulante ook nie vakansie gehou gedurende die laaste skoolvakansie nie.

One Comment

  • Johan Kuhrau says:

    Dankie Louis en span vir die “WAARHEID” Ons het dit nodig in ‘n donker wêreld waar die leuen meer aanvaarbaar is .

    Baie geluk en mag Waarheid van krag tot krag gaan.

Leave a Reply