Die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) het gister in ‘n mediaverklaring ontken dat daar enige waarheid steek in bewerings dat PIC-geld gebruik om 51% van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) te koop.
“Die PIC is nie betrokke by die aankoop nie en die bates wat hy vir kliënte bestuur is ook nie betrokke nie. Die PIC besit wel 30% van Harith General Partners en van die vennote in die transaksie kon voorheen by die PIC betrokke gewees het.
“Die PIC is nie ‘n lid van Takatso Consortium (wat die deel van die SAA koop) nie. Ons verstaan dis ‘n sake-entiteit wat deur Harith General Partners en Global Airways gestig is,” sê die PIC.
Dankie