‘n Paar mense is op die punt om ‘n klein fortuintjie in hul sak te steek danksy hul gevleuelde woorde.
Met R200 000 se pryse op die spel wat onder die top 10 van elke afdeling verdeel sal word, is die Facebook-blaaie Skryf jou Storie en Diggroep vir Beginners en Begaafdes verreweg die grootste dig- en skryfkompetisies in die land.
Die totale inskrywings vir die Digkompetisie was 398, terwyl 199 skrywers vir die Skryf jou Storie-kompetisie ingeskryf het.
Daar was verbasend baie inskrywings en Die Waarheid, een van die borge van die kompetisie, meen die gehalte van die inskrywings is ‘n duidelike bewys dat Afrikaans vurig in soveel Suid-Afrikaners se harte brand.
Baie geluk aan die deelnemers wat uitgeblink het.
In die digkompetisie het die volgende deelnemers in die top 10 geëindig: In alfabetiese volgorde: Carin Erasmus, Coenie Horak, Floris van Zyl, Ilze Snydert van Wyk, Ronnie Strydom, Rosalee Meyer, Sharon du Preez, Stephan Uys, Suzanne Volschenk-Walsch en Werner Wehmeyer.
In alfabetiese orde het die volgende deelnemers die top 10 plekke behaal in die kortverhaal-afdeling: Carin Erasmus, Floris Kotze, Nannette Botha, Nicy Fouldien, Riki Malan, Ronél le Roux, Rosalee Meyer, Stephan Uys, Suzanne Volschenk-Walsch, Sybie Kleynhans
Die prysuitdeling vind plaas by ‘n spoggerige gala-naweek vanaf 25 Junie tot 27 Junie in Pretoria waar die top 10 wenners in elke kategorie heerlik bederf gaan word.
Hou Die Waarheid dop vir onderhoude met die voorste finaliste.