Een persoon is Saterdagaand dood en vier ander het ligte beserings opgedoen toe die voertuig waarin hulle gery het, omgeslaan en op ‘n palissadeheining langs die Barrageweg R42 naby Rand Water beland het. ER24 paramedici het ‘n man ‘n paar meter van die voertuig af dood aangetref.
Vier ander is deur omstanders uit die motor gehelp voor paramedici by die toneel opgedaag het.
Drie mans en ‘n vrou is op die toneel behandel en na die Mediclinic Vereeniging en die Kopanong-hospitaal vervoer. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.
Plaaslike owerhede was op die toneel en die voorval word ondersoek.