Die Amerikaanse verbruikersprysindeks (CPI) het in Mei tot 0,6% opgeskiet, is gister bekend gemaak.
Dit bring die totale inflasiekoers vir die afgelope twaalf maande op 5% te staan – die hoogste sedert 2008.
CNBC berig dat die hoofekonoom van Deutsche Bank, David Folkerts-Landau, vandeesweek gewaarsku het dat inflasie ‘n tydbom is wat ‘n kettingreaksie van geldelike swaarkry regoor die wêreld kan veroorsaak.
Die Federale Reserwebank het voorheen die aanvaarbare inflasiekoers op 2% per jaar vasgestel. Die Amerikaanse ekonomie het hierdie teiken vir meer as tien jaar tot voor die Biden-admininstrasie gehaal.
Die prys van verskeie kommoditeite het reeds sterk gestyg. Hout, brandstof, staal, koper, rekenaarskyfies en ‘n rits ander produkte is beduidend duurder.
President Joe Biden was tot dusver verbasend stil oor die inflasiekrisis – om die waarheid te sê, dit lyk of hy moed opgegee het.