Skip to main content

Ja, daar is ‘n virus. En ja, daar gaan mense dood daarvan. Maar die Coronavirus is g’n die verskrikking wat dit uitgemaak word om te wees nie,” sê dr. Tros Bekker, ‘n mediese praktisyn wat al 35 jaar in Pretoria-Noord praktiseer.

Bekker is aan die voorpunt van die stryd teen Covid-19-inentings in Suid-Afrika en die eerste medikus wat sy stem dik maak teen die inenting.

“Maar nie die enigste een nie. Daar is honderde dokters wat my steun. Ek kry gereeld oproepe van mense in die beroep wat verkies om nie self hulle nek uit te steek nie,” sê hy. Hy vertel dat die hartchirurg dr Susan Vosloo, byvoorbeeld, van sy boeke gekoop en gratis aan pasiënte uitgedeel het.

Bekker se stryd teen die huidige benadering tot die virus het begin met ‘n Facebook-inskrywing waarin hy die pandemie “die grootste poets in die geskiedenis van die mensdom” genoem het.

“Toe besluit om ‘n boek te skryf getiteld ‘n Gp se Perspektief Tydens die Covid Pandemie. Toe maak ek ‘n video daarvan en plaas dit op YouTube. Dit is binne twee dae verwyder. Nietemin, toe skryf ek nog ‘n boek. Eers in Engels getiteld The Covid Pandemic: Worldwide Crisis. Ek het dit later in Afrikaans vertaal. En tot dusver was ek 100 persent in die kol met my voorspellings,” sê hy.

Sy veldtog het hom tot dusver honderde duisende rande gekos. Maar hy beklemtoon hy doen dit nie vir die geld nie.

“Ek wil snags kan slaap. Ek glo in die Barrington-deklarasie, wat bepaal dat dit ‘n dokter se plig is om pasiënte die regte inligting te gee sodat hulle ingeligte besluite sal neem. So hier is my boodskap aan jou en almal. Wat gaan jy vir jou ouers en kinders vertel wat jy gedoen het tydens hierdie grap van ‘n pandemie? Gaan jy sê jy’t niks gedoen nie?”

Hy glo Ivermectin is die wondermiddel teen die virus – hetsy voorkomend of behandelend. Hy het gesien dat mense dodelik siek is, maar die volgende dag rondloop danksy Ivermectin. “Ek neem elke dokter persoonlik kwalik as hy ‘n pasiënt behandel het en hom die voorreg van Ivermectin ontneem het en hy gesterf het. In my oë is dit moord.”

Ondanks sy geloof in Ivermectin, glo hy glad nie in die inenting teen die virus nie. “Ek kan nie met gesag praat oor die Russiese vaksine nie, maar ek glo die produkte van die Groot Drie gaan mense op strepe doodmaak,” sê hy.

“Hou in gedagte dat ek in beginsel ‘n voorstander van inentings is. Maar die gewone inentings wat ons ken, is nie mRNA-gebasseer nie. Hierdie goed gaan jou DNS vir altyd verander.”

8 Comments

  • Dirk Postma says:

    Ek stem 100% met Dr. Tros Bekker saam en ondersteun sy standpunt rakende hierdie massa histerie welke deur die regering van die dag gedryf word rondom Covid-19, asook sy opinie rakende die entstof en Ivermectin!

  • LOUISA OOSTHUIZEN says:

    Hulle bully ons kinders in jabs in omdat hulle voel dis nodig omdat hulle onderwysers is! Hoe keer mens dit?

  • Louise says:

    Dankie vir die drs. se moed. Opmerklik dat dit ouer dokters en aptekers is wat teen inenting is. Ervaring koop jy nie om die hoek nie. Hoekom is dit die enigste vaksine waarvoor jy ‘n vrywaringsvorm moet onderteken?
    Dit laat my voel of ek in kommunistiese bestel is waar jy nie self mag dink nie.
    Ek keer niemand om dit te neem nie, maar gee my ook ‘n keuse.

  • Colin Crous says:

    Stem saam met die dokter. Maar dis moeilik om teen massahisterie te veg…

  • Annelize lotter says:

    Hoe wettig is dit om mense te forseer om ingeent te word

  • Pauline Van Der Walt says:

    Dankie

  • Michael says:

    Die leë blikke se geraas is oorverdowend.

Leave a Reply

error: Content is protected !!