Skip to main content

‘n Suid-Afrikaanse vrou het na bewering Maandag in ‘n hospital in Pretoria geboorte gegee aan ‘n tienling – en in die proses die Guiness Wêreldrekorsd gebreek van Malian Halima Cisse, wat verlede jaar in Marocco ‘n negeling gehad het.

Die storie het wêreldwyd opslae gemaak. Gosiame Thamara Sithole (37) het aanvanklik gedink sy verwag ‘n agtling en was verstom om tien babas te sien, berig die New York Times.

“Sewe is seuntjies en drie is dogtertjies,” het sy aan die Pretoria News gesê.

Maar daar is ‘n Kinkel in die kabel. News24 berig dat die regering by monde van hulle woordvoerder, Phumla Williams, gesê geen staatshospitaal het ‘n rekord van die tien geboortes nie.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!