Skip to main content

Vyf mense, onder wie ‘n negejarige seun, is beseer na ‘n kontantrooftog langs die R556 Sun Cityweg in Bapong, Rustenburg.

ER24 paramedici het kort na 11 uur op die toneel opgedaag saam met ander nooddienste en twee erg beskadigde voertuie naby mekaar gevind. Drie veiligheidswagte het ligte beserings opgedoen.

‘n Pa en sy negejarige seun is ook geskok op die toneel gevind. Na wat verneem word, is hulle voertuig gekaap.

ER24 het die drie veiligheidswagte, die pa en sy seun na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg. Plaaslike wetstoepassers was op die toneel en ondersoek die saak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!