Eskom het aangekondig dat fase 2 beurtkrag van 10:00 vandag tot 22:00 Sondag sal geld weens die vertraagde herinwerkingstelling van eenhede by Kusile, Tutuka, Duvha, Kendal en Koeberg.
Eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie is al sedert Januarie buite werking weens instandhouding. Dit was veronderstel om verlede maand weer in werking gestel te word, maar dit het nie gebeur nie.
Eskom het Koeberg se algemene bestuurder Velaphi Ntuli geskors in verband met die vertraagde terugkeer van die eenheid.