Skip to main content

SONJA BROWN

Menopouse. ‘n Woord wat baie mense irriteer, grinnike op sommige gesigte veroorsaak en ook die onderwerp van baie kru grappe is. Dit is egter geen lagwekkende saak nie.
Menopouse is wanneer die menstruasie-siklus van ‘n vrou tot ‘n einde kom, met ander woorde, haar maandelikse menstruasie hou op. Dit beteken basies dat sy nie meer kan voortplant nie.
Wat veroorsaak menopouse? Wanneer ‘n vroulike baba gebore word, word haar eiers reeds in haar eierstokke gestoor. Estrogeen en progesteroon is hormone wat in die eierstokke vervaardig word.
Dit is die hormone wat die menstruasie en ovulasie van ‘n vrou beheer, en waartydens eiers vrygestel word. Sodra menopouse plaasvind, word die eiers nie meer vrygestel nie.
Menopouse is nie ‘n siklus wat noodwendig net by ouer vroue gebeur nie. Daar is aanvanklik geglo dat slegs vrou wat ouer as 40 is deur menopouse kan gaan, maar in gevalle waar vroue op ‘n jong ouderdom histerektomies gehad het, word hul menopouse vervroeg. Chemoterapie by jonger vroue kan ook voortydige menopouse veroorsaak. Ander oorsake van vroeë menopouse sluit genetika, onaktiewe eierstokke, of hormonale veranderinge weens ander redes in.
Vrouens wat deur menopouse gaan word op verskillende maniere daardeur geraak. In gevalle waar die menopouse veroorsaak word deurdat vroue se eierstokke in ‘n mediese prosedure verwyder word, kan dit beslis die gesondheid van die vrou beïnvloed. Dokters sal deesdae slegs die eierstokke van ‘n pasiënt verwyder as die vrou se lewe in gevaar is nadat sy byvoorbeeld met eierstokkanker of ander gesondheidsverwante siektes gediagnoseer is.
Nie-geïnduseerde of natuurlike menopouse vind plaas gedurende ‘n ongespesifiseerde tyd en gebeur in drie fases.
Hierdie stadiums saai meestal verwoesting op die liggaam en gees van vroue. Warm gloede is aan die orde van die dag. Moegheid en nagsweet kom voortdurend voor en ‘n eens gesonde seksdrang het by die deur uit gevlieg.
Volle menopouse vind plaas wanneer ‘n jaar verloop het sedert die vrou haar laaste maandstonde gehad het. Na-menopouse begin dan, wat verskillende gesondheidsrisiko’s verhoog, aangesien estrogeen nie meer geproduseer word nie.
Vroue gaan enkele jare voordat menopouse intree deur ‘n stadium bekend as perimenopouse. Dit is wanneer eierstokke minder estrogeen begin produseer. Perimenopouse kan tot twee jaar voordat die werklike menopouse intree gebeur en teen die aanvang van die volle menopouse sal estrogeenvlakke teen ‘n onrusbarende tempo daal.
Warm gloede, angs, depressie, nagsweet en moegheid … algemene simptome van die onvermydelike gemiddelde menopousale vrou, maar daar is vroue wat geen of min van hierdie simptome het nie.
Daar is dinge wat vroue kan doen om die verskriklike gevolge wat menopouse op hulle het, te verlig.
As alles anders misluk, kan dokters hormonale vervangingsterapie voorskryf, en dit kan op verskillende maniere toegedien word.
Daar is baie maniere om die veranderlikes tydens die menopouse te verwerk, soos om slegte eetgewoontes na gesondes te verander, en om ‘n saai daaglikse skedules op te kikker. Dit is
noodsaaklik dat vroue beheer oor die newe-effekte neem in plaas daarvan om die menopouse hulle te laat beheer. Baie dokters probeer vroue oortuig om dit as ‘n ideale tyd vir ‘n ander leefstyl te beskou. Dit is letterlik ‘n kans om hul lewenswyse te hersien en ‘n paar veranderinge aan te bring wat hulle waarskynlik al jare lank oorweeg. Daar sal nooit ‘n beter tyd of rede vir positiewe verandering wees nie.

Dit is ook dié tyd dat vroue beheer kan neem oor hul gewig deur meer aktief te raak of miskien gesonder kosse te eet. Menopouse arriveer op ‘n dag, en neem vir ‘n wyle beheer oor, of vroue dit
nou wil aanvaar of nie. Dit is die vroue se keuses om te besluit om teen die menopouse te baklei, of dit te aanvaar en die geleentheid te benut om hierdie ervaring die eerste stap in ‘n nuwe rigting te maak.

Om vroue te help om die eerste stap te neem op hul reis na ‘n nuwe lewe, volg hier ‘n paar van die belangrikste maniere om ‘n menopouse te oorleef: versterk jou bene: dalende vlakke van die
beenbeskermende hormoon estrogeen as gevolg van die veranderinge in jou liggaam laat jou bene makliker breek. Beveilig die welstand van jou beendere deur ‘n aktiewe stokperdjie aan te pak, soos enige raketsport, Zumba of hardloop.
Sê ja vir soja: daar is gevind dat ‘n dieët wat isoflavone bevat, ‘n estrogeenagtige plantverbinding, kan help tydens warm gloede. Groot bronne hiervan is soja, tofu, pampoen, sesame- en
sonneblomsaad. Of jy kan bloot ‘n isoflavone-aanvulling koop.
Sweet: daar is ‘n bewys dat oefeninge warm gloede kan verminder. Daar is gevind dat dames wat ingeskryf het vir ‘n 16-week-oefenprogram by gimnasiums minder warm gloede gehad het in vergelyking met ‘n groep vroue wat nie geoefen het nie.
Ontspan met joga: ‘n ander studie het bevind dat dames wat jogaklasse bywoon ‘n beter slaappatroon het en minder slaaptekort ervaar as diegene wat nie joga gedoen het nie. In
kombinasie met ander oefeninge, soos ‘n vinnige wandeling of ‘n dansles, behoort dit vroue te help om beter te slaap.
Vermy snellers: verminder eet- en drinkgoed wat waarskynlik menopousale newe-effekte kan veroorsaak. Kosse met skerp speseryein, kafeïen en drank kan die bloedvloei na die vel verhoog, wat hittegloede erger kan laat voel.
Oorweeg dit om jou oggendkoffie te verruil vir ‘n verfrissende tuisgemaakte tee.
Slaan die suiker oor: hou verfynde suikers soos koeke, beskuitjies, sjokolade en nageregte wat jou bloedsuiker verhoog op ‘n afstand. Te veel suiker verhoog ook jou kans op hartsiektes.
‘n Gesonde, gebalanseerde eetplan met natuurlike produkte en groente sal verseker dat jy goeie cholesterolvlakke behou en dat jy enige menopousale simptome sal kan hanteer. Kies gesonde
koolhidrate: as jy oorskakel na kosse soos volgraanpasta, brood en bruin rys sal jou suikervlakke aanpas en jou langer versadig laat voel.
Kosse ryk aan kalsium en vitamien D is van kritieke belang vir bene, veral omdat vroue beenmassa verloor tydens die menopouse. As jy osteoporose het, moet jy jou kalsiuminname verhoog met ‘n aanvulling. Neem elke dag ‘n vitamien D-aanvulling, veral in die wintermaande, aangesien hierdie
vitamien gewoonlik deur direkte sonlig deur jou vel opgeneem word.
Ongeag watter dieët- en lewenswyse jy kies om menopousale newe-effekte te beperk, hou in gedagte dat dit voordelig kan wees om ‘n dieetkundige te besoek vir die regte advies, aangesien hy of sy kan help met die korrekte inligting om algemene aanduidings van menopouse te beperk.
Moegheid kan ‘n groot probleem wees te midde van die oorgangstyd wanneer jou menstruasie stop.
As jou moegheid konstant is, kan dit jou lewensgehalte beïnvloed.

Volg hierdie drie wenke om moegheid hok te slaan:
 Maak tyd vir gereelde oefening. Dit kan moeilik wees om uit die bed te klim as jy moeg is, maar ‘n oefensessie is een van die belangrikste dinge. ‘n Studie het bevind dat direkte en hoë intensiteit oefensessies verband hou met hoër vitaliteitsvlakke. Volgens ‘n ander studie kan ‘n oefensessie warm gloede, gewig, jou bui, chroniese pyn en lewenskwaliteit verbeter.
Probeer ‘n kort stappie inpas voor middagete, of woon ‘n joga-les by. Die belangrikste ding is om iets te vind waarvan jy hou. As jy gedwing word om iets te doen waarvan jynie hou nie, is dit waarskynlik dat jy dit nie sal volhou nie.
 Skep ‘n rusroetine. ‘n Diep slaap sal jou meer opgewek laat voel. Probeer vroeg bed toe gaan en om elke dag ongeveer dieselfde tyd wakker te word, veral ook naweke. Moenie kafeïen
en drank naby slaaptyd inneem nie. ‘n Warm stort sal jou help om beter te slaap. Moenie slimfone en rekenaars gebruik as dit tyd is om te gaan slaap nie.
 Oorweeg ‘n wegbreeknaweek. Stres kan jou lewenskragtigheid verswak en jou rus belemmer. Een manier om angs te verslaan, is innerlike refleksie. Om bewustheid en nadenke te beoefen, sit op ‘n rustige plek en hou jou oë toe. Asem rustig in en uit, en
probeer om net op jou asemhaling te konsentreer. As enige denke in jou kop kom, verdryf dit onmiddelik. As jy nie daarvan hou om stil te sit nie, probeer joga of tai chi wat ‘n oefensessie met meditasie kombineer.
Sien julle, dames? Daar is lig aan die einde van die menopousale tonnel!

Leave a Reply

error: Content is protected !!