Skip to main content

Die veteraanaktrise Shaleen Surtie-Richards is op 66-jarige ouderdom oorlede.

‘n Verteenwoordiger van Elysian Management, haar agentskap, het dit vanoggend (Maandag 7 Junie) TshisaLIVE bevestig, maar genoem dat geen verdere besonderhede bekend gemaak sal word totdat daar met Surtie-Richards se familie vergader is nie. Die verteenwoordiger het bygevoeg dat hulle in ‘n toestand van skok verkeer en dat hulle steeds sukkel om die nuus te verwerk.

Surtie-Richards was bekend vir haar werk in die uitvoerende kunste wat oor dekades gestrek het. Sy het haar as kleuterskoolonderwyseres bekwaam en kinders geleer voordat sy haar debuut as aktrise gemaak het. Sy was veral bekend vir haar rol in die jare lange M-Net-reeks Egoli: Place of Gold waar sy die rol van Ester “Nenna” Willemse vertolk het. Sy het ook in trefferfilms soos Fiela se Kind, Mama Jack, Treurgrond en Vaselinetjie gespeel.

Besonderhede rondom haar dood is in hierdie stadium onduidelik.

2 Comments

  • Len Coetzee says:

    Ek weet En glo dat ons Hier darem die regte volle waarheid van alle stories en nuusgebeure gaan kry !!! Veels geluk julle en alle sterkte vorentoe…..die stryd om die volle waarheid na te speur En publiseer gaan julle beslis vyande van baie , ook die Staat maak. Sterkte daarmee !!!

    • Dirk . says:

      Baie Dankie, Len. Ons mik om die volle prentjie aan ons lesers te bring en opmerkings soos joune beteken vir ons baie.

Leave a Reply