Sanlam, die grootste versekeringsgroep in Afrika, toon ‘n toename van 24% in die wesensverdienste vir die afgelope twaalf maande.
Nuwe sakevolumes het vir die eerste keer met 25% gestyg tot meer as R300 miljard. Sanlam het besluit om die alleenstaande African Rainbow Life-onderneming na minder as twee jaar te ontbind, het Paul Hanratty, uitvoerende hoof, gesê. Terwyl die African Rainbow Life-handelsmerk nie meer gebruik gaan word nie, sal onderdele opgeneem word in Sanlam se bestaande onderneming.
Gedurende die tweede vlaag van Covid in Januarie en Februarie het hulle reeds 50-60% meer eise gesien as in die hoogtepunt van die eerste vlaag.
Sanlam verwag nog “twee en ‘n half” golwe – een klein golf en twee groter.