Skip to main content

Meghan, die Britse hertogin van Sussex, het geboorte gegee aan haar tweede kind, ‘n dogtertjie, wat
sy en haar man, prins Harry, na koningin Elizabeth en sy oorlede moeder, prinses Diana, vernoem
het.
Liliana ‘Lili’ Diana Mountbatten-Windsor is Vrydag in die Santa Barbara Cottage-hospitaal in
Kalifornië gebore, met Harry wat Meghan bygestaan het.
“Op 4 Junie was ons geseënd met die aankoms van ons dogter, Lili. Sy is meer as waarvoor ons ooit
kon vra, en ons dankbaar vir die liefde en gebede wat ons van regoor die wêreld gevoel het,” het
Harry en Meghan gesê in ‘n verklaring.
Hulle perssekretaris het gesê dat dit goed gaan met moeder en baba en dat hulle weer tuis is.

Leave a Reply