Skip to main content

Drie mense het gistermiddag ernstige beserings opgedoen, terwyl agt ander gering tot matig beseer is het na ‘n botsing tussen ‘n taxi en ‘n vragmotor in Kommissarisstraat in Boksburg.

ER24-paramedici het kort na 13:30 op die toneel aankom. Hulle het die meeste van die passasiers buite die taxi gevind.
Na verdere ondersoek is bevind dat twee passasiers in die taxi vasgekeer was en hulle moes deur die brandweer met behulp van die kake van die lewe uitgehaal word.

Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie. ER24 sowel as GPG het die pasiënte op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale vervoer is vir verdere mediese sorg.

Leave a Reply

error: Content is protected !!