Skip to main content

Die afgelope paar weke was daar ‘n toename in die aantal tieners wat wegloop, en wanneer gesinne om hulp vra, is private sekuriteitsmaatskappye en klein organisasies gewoonlik eerste om te reageer.
Dikwels wanneer die vermiste tieners gevind word, word nie veel van die inligting rakernde die sake gedeel nie, wat aanleiding gee tot allerhande bespiegelinge.
Volgens kenners is daar geen ooglopende nagevolge vir hierdie tieners nadat hulle veilig en ongedeerd gevind word nie.
'n 16-jarige meisie het haar reservoir Hills-huis verlede Sondag sonder haar selfoon verlaat. Sy het nie haar familie in kennis gestel oor waar sy sou wees nie. ‘n Paar dae later het dit aan die lig gekom dat sy dieselfde aand ‘n man genader het vir ‘n vervoergeleentheid en dat hy haar in Hillary afgelaai
het.

Na dae van intense soektogte is die tiener ongedeerd gevind.
Pietermaritzburg het amper tot stilstand gekom toe ‘n 13-jarige meisie van Northdale verlede Sondag ook as vermis aangemeld is. Die gemeenskap en verskillende organisasies het die dag en die meeste van die nag deurgebring deur leidrade op te volg en besoeke aan verskillende buurhuise te bring. Die meisie was sonder sigbare beserings in die Northdale-omgewing gevind, maar dit was duidelik dat sy koud gekry het.
‘n Openbare versoek om ‘n 17-jarige op te spoor, is twee weke gelede wyd en syd gedeel nadat sy haar South Beach-huis verlaat het. Verlede Donderdag het sy na bewering ongedeerd teruggekeer.
Vroeg in Mei het 'n 15-jarige na bewering van Trenance Park weggeloop saam met haar ma se 41- jarige man. Die paar het hul tasse gepak en gevlug. Die familielede van die tiener het haar ma in kennis gestel van die romantiese verhouding met haar man. Die man is weke later in Mount Vernon in hegtenis geneem.
Adeshini Naicker, waarnemende direkteur van Childline KZN, het gesê daar was die afgelope jaar minstens vyf gevalle waar vermiste tieners by hul kêrels gevind is. Sy het verduidelik dat in geval die aanmelding van ‘n vermiste persoon vals is, kan strafregtelike klagtes ingedien kan word.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!