Skip to main content

Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniël Lötter

Daar is amper nie ’n mens wat nie in spoke en bonatuurlike verskynsels belangstel nie.

Sedert die oertyd in Suid-Afrika spook dit al. Die hervertelling van dosyne ware spookverhale begin met ’n vreemde voorval in November 1653 op ’n seilskippie in Tafelbaai, die eerste opgetekende geval.

Van verjaarspoke, saampraatspoke en tydspronge, tot spookmotors, spookdiere, voorbodes en sieners, is die magdom ware stories tematies ingedeel volgens die soort verskynsel. Die verteltrant is lig en gemaklik met skeute humor, soos net Daniël Lötter kan.
Lötter skryf so gemaklik en toeganklik, dis geskikte leesstof vir almal van 10 tot 100. Dit meer as net lekkerleesstories; dis ook ’n amper volledige rekord van Suid-Afrika se tientalle bekende en minder bekende spoke wat maar net nie tot rus kan kom nie.

Leave a Reply