Skip to main content

Prins Harry het eers uitgevind dat sy oupa, Prins Philip, dood is toe die polisie voor sy deur gestaan het.

Koningin Elizabeth se man is die oggend van 9 April in Windsor Castle in Engeland dood. Londen is

agt tydsones voor Kalifornië, waar Harry woon.

Die Briste ambassade het hom die oggend probeer bel, maar hy het nie sy foon geantwoord nie.

Na herhaalde pogings het die ambassadeur die Santa Barbara Sheriff’s Department gebel en gevra of ‘n beampte na Harry se huis kon gaan om hom in kennis te stel dat die ambassade hom dringend probeer bel het.

Die Royals is uiters ontsteld omdat Harry en Meghan aan Oprah Winfrey op TV vertel het van hulle griewe oor hul behandeling deur die koninklike familie, insluitend bewerings van rassisme.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!