Skip to main content

Huawei, die Chinese tegnologiereus, het gister ‘n nuwe mobiele selfoonstelsel bekend gestel. Hierdie fone sal die eerstes wees wat met die nuwe Harmony-bedryfstelsel gelaai word. Die bekendstelling was aanlyn vanaf hul hoofkwartiere in die stad Shenzhen uitgesaai.

Huawei sukkel om kop bo water te hou in die tegnologiese wêreld sedert Donald Trump se Withuis in 2018 met ‘n aggressiewe veldtog begin het om die wêreldwye ambisies van Huawei te kortwiek.

Die HarmonyOS word oordonder deur Google se Android- en Apple-iOS-stelsels, en die selfoon-bedryfstelselwêreld word beskou as ‘n slagveld besaai met die lyke van onder meer Blackberry, Microsoft se Windows Phone en die Amazon Fire-toestel.

Huawei is die wêreld se grootste verskaffer van toerusting vir telekommunikasie-basisstasies en ander netwerktoerusting, en het in 2003 met behulp van Android die selfoonbedryf betree.

Dit het een van die wêreld se drie voorste vervaardigers van selfone geword, – tesame met Samsung en Apple, wat verlede jaar vir ‘n kort wyle die topposisie beklee het, – aangedryf deur die Chinese aanvraag en verkope in opkomende markte.

Ontleders sê Huawei se mees onmiddellike uitdaging is om programme te ontwikkel en genoeg ontwikkelaars te oortuig om hul toepassings en ander inhoud te herprogrammeer om met HarmonyOS saam te werk sodat verbruikers steeds Huawei-telefone sal kan koop.

ONGEKARTEERDE WATERS

As verskaffers soos Huawei van Android afgesny is, kan dit effektief voorkom dat Huawei-telefoongebruikers die gewilde funksies soos die soekenjins van Google, sy padkaartfunksie en ‘n reeks ander top-programme wat deur die stelsel beskikbaar is, aanbied.

Huawei se toegang tot die skyfies wat nodig is om ‘n slimfoon te maak, is ook beperk, en die versending daarvan het die afgelope kwartale dramaties gedaal.

Ten spyte van al die probleme behou Huawei ‘n groot deel van die plaaslike Chjinese mark en het ‘n eie ‘spyskaart’ met programme wat grootliks vir Chinese gebruikers ontwerp is, maar sy wêreldwye vooruitsigte kan daal.

“As mens oor internasionale markte praat, kan niemand sonder Google, Amazon of YouTube leef nie. Dit sal te uitdagend wees,” het Elinor Leung, hoof van internet- en telekommunikasie in Asië by CLSA gesê.

Huawei se probleme het gelei tot ‘n groot opskudding van die onderneming, wat in 1987 gestig is deur Ren Zhengfei, die voormalige People’s Liberation Army-ingenieur wat steeds as uitvoerende hoof optree.

Sedert die Amerikaanse druk toegeneem het, het Huawei vinnig begin om nuwe produklyne te skep. In ‘n interne memorandum wat verlede week opgeduik het, het Ren planne uiteengesit vir insette in rekenaarsagteware en gesê dat die VSA baie min beheer oor Huawei in dié sektor sal hê.

Huawei het vroeër aangekondig dat hulle by Chinese motorvervaardigers gaan aansluit om intelligente voertuie te ontwikkel en beplan ook om oor te gaan tot ondernemings- en wolkrekenaars.

Leave a Reply

error: Content is protected !!