Solidariteit het ontdek dat die Kubaanse ingenieurs in Suid-Afrika elk een miljoen rand per jaar verdien, en dat hulle heelwat meer geld sal verdien as die gemiddelde Suid-Afrikaanse ingenieur wat dieselfde werk kan doen. Dit sluit ook byvoordele, vliegkaartjies vir vakansie na Kuba, gemeubileerde akkommodasie, kos- en telefoonkoste in.
“Hulle het seldsame en eksklusiewe kundigheid met betrekking tot die instandhouding en verlenging van die lewensduur van water- en sanitasie-verwante infrastruktuur”, was die rede vir die ontplooiing van die 25 Kubane.
Die Suid-Afrikaanse organisasie vir swart en tegniese loopbane (SABTCO), wat swart ingenieurs verteenwoordig, is geskok oor die verregaande salarisse wat die Suid-Afrikaanse regering Kubaanse ingenieurs betaal.
Solly Mabuza, sekretaris-generaal van SABTCO, het gesê die organisasie het aan die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, geskryf om ‘n verduideliking hieroor te vra. Hy het ook gesê dat Suid-Afrikaanse ingenieurs word as van die beste ter wêreld erken.
“Die Kubaanse ingenieurs kan nie eens aan ons standaarde voldoen nie, dus is ons meer toegerus is as hulle” het hy gesê. Mabuza het gesê die indiensneming van die Kubaanse ingenieurs was ‘n klap in die gesig van swart ingenieurs wat sonder werk sit. Hy het gesê swart ingenieurs is bereid om oral te werk. “Hulle kan nie sê dat ons nie in landelike gebiede wil bly nie. Ons is van daardie plattelandse plekke, so hulle kan nie sê dat ons nie kundigheid het nie of dat ons nie daar wil werk nie,” sluit Mabuza af.