Skip to main content

Twee mans is dood en vier ander beseer, waaronder ‘n 11-jarige seun, toe
‘n vragmotor en vier ligte motorvoertuie by die Kaolin- en Annan-kruising in
Carletonville gebots het.

ER24 se paramedici en die provinsiale dienste het op die toneel aangekom en ‘n vragmotor langs die pad gevind, sowel as ‘n ligte motorvoertuig wat gedeeltelik vasgeknyp is.

Drie ander ligte motorvoertuie is in die middel van die kruising aangetref. Medici het die pasiënte ondersoek en gevind dat die vragmotorbestuurder en die motorbestuurder onder die vragmotor reeds aan hul talle beserings beswyk het. Vier ander pasiënte, waaronder ‘n 11-jarige seun, is ondersoek en daar is gevind dat hulle matige beserings opgedoen het. Die pasiënte is behandel en daarna na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg.

Leave a Reply