Skip to main content

Drie verdagtes, waarvan een ‘n senior lid van die Demokratiese Alliansie (DA) is, sal vandag hul eerste hofverskyning op ‘n moord-aanklag maak.
Die aanklag hou verband met die moord op die onderburgemeester van Stellenbosch, Cameron Mcako.
Die polisie het die driemanskap Dinsdag in hegtenis geneem en die huidige onderburgemeester van Stellenbosch was een van die beskuldigdes.
“Speurders van Stellenbosch se onophoudelik ondersoeke na die moord op Cameron Mcako, 56 jaar oud, het gelei het tot die inhegtenisneming van drie verdagtes in ‘n moord wat glo polities gemotiveerd is. Mcako is op 1 November 2019 in sy Kayamandi-taverne geskiet,” het André Traut, polisiewoordvoerder, gesê.

Leave a Reply