Skip to main content

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het ontken dat sy die parlementêre proses vertraag wat sal aandui of sy geskik is om in haar pos aan te bly.

Sy het aan Clement Manyathela van radio 702 gesê dat sy bereid is om die korrekte prosedure te volg mits dit ‘n behoorlike regsproses is, en in ooreenstemming is met die land se Grondwet. Volgens haar wil sy meer duidelikheid oor sommige kwessie hê, vandaar haar optrede.

Mkhwebane gaan van 7 tot 11 Junie die kans gegun word om die beskuldigings teen haar in die Parlement te betwis. Die nasionale vergadering het in April ‘n komitee van 26 lede benoem wat sal ondersoek instel of daar gronde is om die openbare beskermer te verwyder. Sy het uit verskeie oorde onder skoot gekom oor die gehalte van haar verslae, en verskeie howe het haar bevindings met koste tersyde gestel.

Leave a Reply