Skip to main content

Een van die sewe mense wat gister in ‘n skietgeveg met die polisie in Pietermaritzburg doodgeskiet
is, was een van die 31 gevangenes wat laat in April ontsnap het toe hulle van die tronk na die hof in
die stad vervoer is.
Kolonel Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê die sewe sluit vyf mans en twee
vroue in.
Mbele het gesê 'n misdaadintelligensie-operasie het polisielede na 'n huis in Scottsville gelei. "Die
huis was gesluit en 'n net het die ingang bedek. Die polisie het ingegaan en die verdagtes het op
hulle begin skiet."
“Ses gewere is op die toneel gevind,” het Mbele bygevoeg. Een van die oorledenes was die hoofleier
van die sindikaat.
Meer as die helfte van die gevangenes wat in April ontsnap het, was binne enkele dae weer in
aanhouding, maar vyf weke na die voorval is minstens 13 van hulle steeds op vrye voete.
Hulle misdade sluit moord, gewapende roof en aanranding

Leave a Reply

error: Content is protected !!