Klante doen al hoe meer sake aanlyn met sangomas as gevolg van die inperkinge wat deur die koronavirus teweeggebring is.
Een só ‘n sangoma, Makhosi Malatji, doen sake deur haar slimfoon in die hoek van ‘n sonkamer aan ‘n driepoot vas te maak. Daar kan duidelik gesien word hoe wierook in die agtergrond smeul terwyl sy haar sakkie waarsêersbene nader trek. Haar kliënt, ‘n jong vrou, kyk toe terwyl Malatji die sakkie skud en die inhoud daarvan op die vloer in haar huis uitgooi. Malatji kantel dan die foon behendig sodat haar kliënt kan toekyk terwyl sy die bene se boodskap oordra.
Sent from Mail for Windows 10
… [Boodskap is gesnoei] Sien hele boodskap
|