Skip to main content

Twee mense is gisteraand dood nadat ‘n bakkie op Brickfieldweg in Overport Durban, gerol het.

Volgens Netcare 911 het die bestuurder van die bakkie met verskeie insittendes  net na sewe beheer oor die voertuig verloor. Medici op die toneel het bevind dat twee mense, ‘n volwasse man en vrou, dood is voor die aankoms van nooddienste.

Nog ses pasiënte het beserings opgedoen wat wissel van matig tot ernstig. Al die pasiënte is op die toneel behandel en na die hospitaal vervoer vir verdere sorg.

Leave a Reply