Die verhoor van die man wat beskuldig word dat hy Tazne van Wyk verkrag en vermoor het, sou Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin het. Dit is uitgestel na Mei volgende jaar.
Tazne het in Februarie verlede jaar vermis geraak nadat sy vir die laaste keer lewend by ‘n snoepwinkel gesien is. Haar lykie is ‘n week later in ‘n stormwaterpyp langs die N1 in die Worcester omgewing gekry nadat die beskuldigde die polisie daarheen gelei het.
Die Elsiesrivier-gemeenskap is nie ingenome met die gebeure nie, veral omdat dit Kinderbeskermingsweek is.
Die aktivis en gemeenskapslid, Celestia Pierang, sê dat die ouers R170 uitgegee het om by die hof te kom net om uit te vind dat die saak uitgestel is. Sy is uiters teleurgesteld in die regstelsel.