Skip to main content

SONJA BROWN

Selfmotivering is soos tande borsel. Dit is iets wat mens daagliks moet doen sodat dit in jou onderbewussyn kan manifesteer.

Jy kan. As jy wil. Maar net as jý wil. Niemand anders kan dit vir jou doen nie. En dit geld vir enige besluit wat jy ooit in jou lewe gemaak het, en nog sal maak.

Daardie eerste tree na ‘n nuwe, vervulde ‘jy’ is altyd die moeilikste. Begin dus met ‘n klein aksie.

Enige mikroskopiese verandering sal sorg dat die res van jou liggaam en siel in mosie kom. Vertel jouself elke keer as jy in ‘n spieël kyk dié woorde: ek is spesiaal, ek is gelukkig, en goeie dinge wag van nou af vir my. Sê dit assebief net! Want is verdien om gelukkig te wees.

Dit word manifestasie genoem. En dit sit goeie balle aan die rol.

Dit is baie belangrik dat jy nie ophou in die regte rigting beweeg wanneer jy eers aan die gang is nie.

Stagnasie is die broeitenk vir alge wat denke verswelg, en drome en planne in die wiele ry. Dis wanneer twyfel aan jou deur klop, en glo my, twyfel is soos ‘n honger wolf wat enige aarseling in jou doen en later heel sal verslind. Moenie toelaat dat dit gebeur nie. Om ‘n tweede keer iets te probeer, en ‘n derde keer, of ‘n vierde… Dit breek spoed, en dit breek moed. Vind ‘n middelweg as dit jou gemakliker laat voel. Vir baie mense is verandering baie stresvol.

Moet nooit opgee nie, al voel dit of jy nêrens kom nie. Aristoteles het geglo dat geluk en motivering vir geluk een van die belangrikste dinge in die mens se wese is. Ek stem 100% saam! Om hoë pieke te bereik moet ons net ons breine leer om positief te wees. Die brein reguleer die mees basiese funksies in mense. Dit sluit in asemhaling, beweging en dit waaraan ons aandag gee. As ons dus ons brein kan leer om net goeie en positiewe dinge toe te laat, hoekom sal dit dan nie werk nie, aangesien dit is waar ons emosies en gedrag ook vandaan kom?

Komaan, jy kan jou brein leer om vir jou liggaam te sê dat jy genoeg geëet het. Of dat jy daardie ekstra honderd meter kan draf sonder om op te gee.

Gebruik jou sintuie. Almal van hulle. Ervaar die lewe in stadige aksie en word bewus van wat om jou aangaan. Van wie jy is, en as jy nie gelukkig is nie, van wie jy wil wees. Geniet wie jy is! Jy is fantasties!

Leave a Reply