Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is rokers se risiko om Covid-19 op te doen ongeveer 50%
hoër as dié van nie-rokers.
Maandag is ‘Wêreld Sonder Tabakdag’ en hulle vra dat rokers daarna moet streef om heeltemal op
te hou rook. Meer as 8 miljoen mense sterf jaarliks as gevolg van tabakgebruik.
Sharon Nyatsanza, van die Nasionale Raad teen Rook, sê dat ongeveer 21% van Suid-Afrikaners van
tabakprodukte gebruik maak. Sy sê dat daar baie beskikbare platforms is om rokers te help as hulle
die gewoonte wil afleer.
Catherine Egbe, van die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing, sê dat elektroniese sigarette
nie rokers help om oor die slegte gewoonte te kom nie. Rokers wat hierdie roete volg rook op die ou
einde sigarette sowel as e-sigarette.