Skip to main content

Volgens die kragreus is die aanvraag na krag groter noudat ‘n onverwagte kouefront die land getref het. Beurtkrag kan dus op kort kennisgewing ingestel word as die netwerk skielike onder druk kom.
Eskom doen ‘n beroep op mense om so veel as moontlik krag te spaar, en moedig ook mense aan om kragopwekkers aan te skaf.
Chris Yelland, ‘n energiekenner, het aangedui dat kragopwekkers die enigste oplossing is vir die krisis in die land. Volgens hom is daar ‘n sloering van die regering se kant af aangaande die goedkeuring vir die gebruik van onafhanklike kragverskaffers.
Volgens kenners sal beurtkrag nie gou ‘n ding van die verlede wees nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!