Geoffrey van Der Merwe, Die Noord-Kaapse woordvoerder vir onderwys, het sy kommer uitgespreek oor die feit dat die skerp toename in covid-19 gevalle ‘n negatiewe invloed op leerlinge en hul onderrig het.
264 nuwe gevalle is gedurende verlede week se opnames in skole aangeteken; 62 onderwysers, 180 leerlinge en 22 ander personneel maak hierdie totaal op.
Van der Merwe het bevestig dat daar ingryping sal wees as die situasie vererger. 18 skole bly steeds gesluit, en 61 skole is heropen.