Skip to main content

‘n 79-jarige boer is Sondag gedurende die vroeë oggendure op sy plaas in Highfield vermoor.
Volgens die polisie word daar gesoek na drie verdagtes wat die bejaarde man in sy huis vermoor het.
Die slagoffer en sy vrou was in die huis toe die verdagtes toegeslaan het nadat hulle toegang deur ‘n
ruit wat hulle gebreek het gekry het.
Die verdagtes kon nie deur die veiligheidshek voor die egpaar se slaapkamer breek nie, en het skote
deur die deur geskiet. Dit was hierdie skote wat die bejaarde boer se dood veroorsaak het.
Alhoewel dit na ‘n potensiële huisroof lyk, word niks uit die huis vermis nie.
Tembinkosi Kinana van die SAPS het gesê dat “Die Provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Liziwe
Ntshinga, die moord op die boer ten strengste veroordeel. Sy het beveel dat alle nodige hulpbronne
binne 72 uur beskikbaar gestel moet word om die misdadigers vas te trek.

Leave a Reply