Die Valke het Saterdag ‘n tweede verdagte wat verbind word met mensehandel in die Noord-Kaap in Sandton aangekeer.
Na bewering is vroue wat uit Upington gelok is deur die verdagte asook ‘n medebeskuldigde,Emmanuel Uzoaga (33), gedwing om hulle liggame te verkoop.
Volgens Nomthandazo Mnisi, die Valke se woordvoerder, is ‘n “woonstel in Sandton deursoek nadat klagtes dat dit as ‘n bordeel gebruik word, ontvang is”. Drie slagoffers tussen die ouderdomme van 19 en 24 jaar is uit die huis gered. Die verdagte sal hom by sy medebeskuldige aansluit waar albei vandag in die Upington landdroshof sal verskyn.”
Gedurende die klopjag is daar ook op kontant en verskeie selfone beslag gelê.